Die pad na

AflaaiButtonsPDF

VOËLVLUG

1986 Afwykende vorm van seksualiteit. Homoseksuele praktyke en verhoudings is sonde

1999 Klem op Pastoraat op grond van menswaardigheid van alle mense (Wes-Kaap)

2002 Etiek ook belangrik, daarom rol van Bybelse tekste weer in fokus

2002/2004 Formuleer beleidstandpunte oor Skrifgesag en Skrifgebruik

2004 Ten spyte van die feit dat dit blyk die Bybel die homoseksuele dade waaroor daar gepraat word as opstand teen God beskryf en as sodanig as sonde beoordeel, is daar verskil van mening of hierdie uitsprake in die Bybel van toepassing is op homoseksuele mense wat in ‘n permanente verhouding van liefde en trou staan.

2007 Homoseksuele gelegitimeerdes wat ‘n selibate lewenstyl beoefen kan tot die predikantsamp toegelaat word. Erken die diskresie van Kerkrade om die verskille oor homoseksualiteit in gemeentes in die gees van Christelike liefde te hanteer.

2013 Sinode vra verdere studie oor status van selfdegeslagverhoudings, terwyl homoseksuele en heteroseksuele studente wat hulle voorberei vir die bediening in die NG Kerk, aan dieselfde Christelik-etiese standaarde moet voldoen met die oog op legitimasie. Ook ‘n verbintenis om hierdie kwessie te hanteer aan die hand van die waardes van die Seisoen van Menswaardigheid.

2015 Volle aanvaarding van menswaardigheid van alle mense ongeag seksuele oriëntasie, goedkeuring van selfdegeslagverhoudinge en die kerklike bevestiging daarvan deur gewillige predikante.

2015 Gespreksdokument oor Ons Christelike Geloof en die (moderne) Wetenskap aan die kerk vir gebruik en oriëntering met die oog op hermeneutiek .

INLEIDING:

Die saak van homoseksualiteit wat tans wêreldwyd in die brandpunt van kerklike gesprekke is, het in 1986 die eerste keer (vanuit ’n verslag uit eie geledere) op die agenda van die Algemene Sinode van die NG Kerk verskyn. By hierdie Sinode is ‘n verslag “Homoseksualiteit: wat sê die Kerk?” deur die Algemene Kommissie vir Diens van Barmhartigheid (AKDB) voorgelê en is sekere aanbevelinge as beleidstandpunt van die NG Kerk aanvaar. (Algemene Sinode 1986:355-363, 672).

Die standpunt het onder andere behels dat homoseksualiteit in die lig van die Bybelse getuienis as ‘n afwykende vorm van seksualiteit beoordeel word en dat homoseksuele praktyke en ’n homoseksuele verhouding afgewys word as in stryd met die wil van God. Terselfdertyd word egter erkenning gegee vir die bestaan van wat genoem word “kern- of egte-homoseksualiteit” en beskryf word as “die gerigtheid op iemand van dieselfde geslag… (wat) nie net ‘n eenmalige verskynsel (is) nie, maar ‘n sekere duurte of patroonmatigheid (verkry) waardeur die persoon se optrede gekenmerk word”. Oor die besit van ‘n homoseksuele oriëntasie word daar geoordeel dat dit nie “summier tot persoonlike skuld gereken kan word nie” en daar word dan ook besluit dat “die homoseksuele lidmaat nie op grond van sy afwykende gerigtheid, as sodanig, die belewing van die gemeenskap van die heiliges en die geleentheid tot diens in belang van die koninkryk van God ontsê (mag) word nie”.

Sedert 1995 het die debat oor homoseksualiteit weer op verskeie wyses in die NG Kerk aan die orde gekom en het verskeie sinodes aan die saak aandag gegee.